Shop

Memoires van jou moeder

R450,00

Memoires van jou moeder

ʼn Selfskryf Nalatenskapsjoernaal

Category:

Description

Memoires van jou moeder

ʼn Selfskryf Nalatenskapsjoernaal

Voorwoord deur Marina van der Linde, leraar: Ooskerk

Min dinge is so delikaat en kompleks as die verhouding tussen ’n ma en haar kind. In my werk met mense sien ek voortdurend dat waar ’n mens vandaan kom – en daarmee saam jou verhouding met jou ma, in alle opsigte bepaal wie jy is en word. Ek glo dat hierdie memoires vir ma’s en hul kinders op ’n besondere manier sal help om hulle verhouding met mekaar en met hulself op ’n diep vlak te verstaan, te koester, te waardeer en selfs te herdefinieer.

  • Die ideale Moedersdaggeskenk.
  • Daarna is dit ʼn gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
  • Kunstig saamgestel, duursaam en inspirerend.
  • Nie net ʼn mooi geskenk nie, maar ʼn kunswerk en ʼn erfstuk.
  • Vergemaklik die uitdagende proses om jou lewensverhaal te skryf.
  • Die boek bestaan uit agt hoofstukke wat elk begin met ‘n unieke, gepaste kunswerk, ‘n gedig wat jou op reis neem deur jou eie lewe asook inspirasieprikkels (prompts) wat die ma sal inspireer om haar eie storie te skryf.
  • Daar is twee stewige koeverte waarin die ma memorabilia soos foto’s, briefies en ʼn geheuestokkie (ʼn USB vir video’s, foto’s en stemboodskappe) kan plaas asook ʼn wêreldkaart waarop sy haar omswerwinge kan aandui.
  • Hardeband Joernaal
  • 240 mm x 176 mm
  • ±100 bladsye
  • ISBN: 978-1-991256-78-2

Saamgestel deur Anné Pretorius

Kunswerke deur Marié Vermeulen-Breedt

Marié is ‘n alombekende kunstenaar wat op eie bodem en internasionaal geliefd is. Verskeie van haar werke vorm deel van internasionale maatskappye se versamelings, sowel as ons eie Sanlam, Sasol, die meeste banke, groot besighede en universiteite. Sy woon in die Oos-Kaap op ‘n plaas naby Adelaide. Sy het 3 kinders, Adelai (46), Japie (42) en Jean-Mari (29).

Boodskap vir die ma wat hierdie joernaal voltooi:

Die moeite werd

Iewers het ons verleer om ons stories met ons familie te deel. Dalk is dit omdat ons geneig is om oor ander goed te gesels wanneer ons bymekaar is, of omdat ons mekaar so min sien. Dalk gaan ons eerder na ’n opvoering kyk as om oor onsself te praat. Wat ook al die rede, stories raak mettertyd verlore. Soveel so dat kinders ná die heengaan van hul grootouers en ouers oor hulle begin wonder en dan besef dis helaas te laat. So, dit mag dalk intimiderend voel om jou verhaal neer te pen. Maar glo my, dit het groot waarde en sal die moeite werd wees. Elke storie is anders – hierdie boek wil jou en jou kind help om jul besonderse verhaal te skryf.

Inspirasieprikkels

Omdat dit veral moeilik is om jou gedagtes net eers “los” te kry, begin elke hoofstuk met inspirasieprikkels (prompts). Die idee hiermee is om jou te “prikkel” om jou eie stories as’t ware te herontdek sodat jy jou lewensverhaal op die oop bladsye wat daarop volg kan skryf sonder dat daar spesifieke vrae gedruk is wat jou forseer om daarop te antwoord. Jy hoef dit natuurlik glad nie te gebruik nie, of net nou en dan wanneer jy inspirasie kort. Hierdie prikkels is op dunner papier gedruk, met die spesifieke doel om dan uitgeskeur te word, net voordat jy die boek vir jou kind gee.

Jou stem

Oorweeg gerus om ’n stemboodskap of selfs ’n video op ’n geheuestokkie (USB) te berg en dit ook in die koevert te sit. Hier kan jy natuurlik baie kreatief raak en dalk ’n gedig voorlees of iets sing, of net ’n eenvoudige mooi boodskap vir hom of haar opneem. Ek luister self nog dikwels na my eie ma se WhatsApp-boodskappe, en juis daarom besef ek die groot waarde daarvan.

Moeilike boodskappe

Skaf gerus vir jou ’n pen met onsigbare ink aan (daar is ’n skakel op ons webtuiste). So kan jy vertroulike inligting wat jy moontlik braaf genoeg voel om te skryf, tog so ’n bietjie “versluier”. Jou dogter of seun kan dit dan met ’n ultraviolet liggie (swart lig) lees.

Gesprek met jou kind

Dink aan die invul van die boek as ’n gesprek met jou kind; hy of sy is nie net nuuskierig oor jou lewe nie, maar verlang daarna om die diepte van jou ervarings te verstaan wat ons nie altyd in alledaagse geselskappe deel nie. Dit is jou geleentheid om ’n brug tussen julle harte te bou. Hier is nou jou kans!

Jou pen

Maak asseblief seker dat jy met ’n goeie kwaliteit, fyn balpuntpen skryf om te verseker dat jou skrif nie smeer nie en nog vir baie jare behoue sal bly.

Kontak ons

Kontak ons gerus indien jy enige vrae het of met iets sukkel. Die oorspronklike kunswerke, sowel as ’n beperkte oplaag afdrukke is ook te koop. Besoek gerus gereeld ons webwerf (www.memoirebooks.co.za) vir verdere inspirasie, wenke en om jou bestelling te plaas.

E-pos: info@memoirebooks.co.za
Ons is ook aktief op Facebook en Instagram.

Liefdegroete,
Anné

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Memoires van jou moeder”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

12345