Description
Memoires van jou moeder
ʼn Selfskryf Nalatenskapsjoernaal
Voorwoord deur Marina van der Linde, leraar: Ooskerk
Min dinge is so delikaat en kompleks as die verhouding tussen ’n ma en haar kind. In my werk met mense sien ek voortdurend dat waar ’n mens vandaan kom – en daarmee saam jou verhouding met jou ma, in alle opsigte bepaal wie jy is en word. Ek glo dat hierdie memoires vir ma’s en hul kinders op ’n besondere manier sal help om hulle verhouding met mekaar en met hulself op ’n diep vlak te verstaan, te koester, te waardeer en selfs te herdefinieer.
- Die ideale Moedersdaggeskenk.
- Daarna is dit ʼn gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
- Kunstig saamgestel, duursaam en inspirerend.
- Nie net ʼn mooi geskenk nie, maar ʼn kunswerk en ʼn erfstuk.
- Vergemaklik die uitdagende proses om jou lewensverhaal te skryf.
- Die boek bestaan uit agt hoofstukke wat elk begin met ‘n unieke, gepaste kunswerk, ‘n gedig wat jou op reis neem deur jou eie lewe asook inspirasieprikkels (prompts) wat die ma sal inspireer om haar eie storie te skryf.
- Daar is twee stewige koeverte waarin die ma memorabilia soos foto’s, briefies en ʼn geheuestokkie (ʼn USB vir video’s, foto’s en stemboodskappe) kan plaas asook ʼn wêreldkaart waarop sy haar omswerwinge kan aandui.
- Hardeband Joernaal
- 240 mm x 176 mm
- ±100 bladsye
- ISBN: 978-1-991256-78-2
Saamgestel deur Anné Pretorius
Kunswerke deur Marié Vermeulen-Breedt
Marié is ‘n alombekende kunstenaar wat op eie bodem en internasionaal geliefd is. Verskeie van haar werke vorm deel van internasionale maatskappye se versamelings, sowel as ons eie Sanlam, Sasol, die meeste banke, groot besighede en universiteite. Sy woon in die Oos-Kaap op ‘n plaas naby Adelaide. Sy het 3 kinders, Adelai (46), Japie (42) en Jean-Mari (29).
Boodskap vir die ma wat hierdie joernaal voltooi:
Die moeite werd
Iewers het ons verleer om ons stories met ons familie te deel. Dalk is dit omdat ons geneig is om oor ander goed te gesels wanneer ons bymekaar is, of omdat ons mekaar so min sien. Dalk gaan ons eerder na ’n opvoering kyk as om oor onsself te praat. Wat ook al die rede, stories raak mettertyd verlore. Soveel so dat kinders ná die heengaan van hul grootouers en ouers oor hulle begin wonder en dan besef dis helaas te laat. So, dit mag dalk intimiderend voel om jou verhaal neer te pen. Maar glo my, dit het groot waarde en sal die moeite werd wees. Elke storie is anders – hierdie boek wil jou en jou kind help om jul besonderse verhaal te skryf.
Inspirasieprikkels
Omdat dit veral moeilik is om jou gedagtes net eers “los” te kry, begin elke hoofstuk met inspirasieprikkels (prompts). Die idee hiermee is om jou te “prikkel” om jou eie stories as’t ware te herontdek sodat jy jou lewensverhaal op die oop bladsye wat daarop volg kan skryf sonder dat daar spesifieke vrae gedruk is wat jou forseer om daarop te antwoord. Jy hoef dit natuurlik glad nie te gebruik nie, of net nou en dan wanneer jy inspirasie kort. Hierdie prikkels is op dunner papier gedruk, met die spesifieke doel om dan uitgeskeur te word, net voordat jy die boek vir jou kind gee.
Jou stem
Oorweeg gerus om ’n stemboodskap of selfs ’n video op ’n geheuestokkie (USB) te berg en dit ook in die koevert te sit. Hier kan jy natuurlik baie kreatief raak en dalk ’n gedig voorlees of iets sing, of net ’n eenvoudige mooi boodskap vir hom of haar opneem. Ek luister self nog dikwels na my eie ma se WhatsApp-boodskappe, en juis daarom besef ek die groot waarde daarvan.
Moeilike boodskappe
Skaf gerus vir jou ’n pen met onsigbare ink aan (daar is ’n skakel op ons webtuiste). So kan jy vertroulike inligting wat jy moontlik braaf genoeg voel om te skryf, tog so ’n bietjie “versluier”. Jou dogter of seun kan dit dan met ’n ultraviolet liggie (swart lig) lees.
Gesprek met jou kind
Dink aan die invul van die boek as ’n gesprek met jou kind; hy of sy is nie net nuuskierig oor jou lewe nie, maar verlang daarna om die diepte van jou ervarings te verstaan wat ons nie altyd in alledaagse geselskappe deel nie. Dit is jou geleentheid om ’n brug tussen julle harte te bou. Hier is nou jou kans!
Jou pen
Maak asseblief seker dat jy met ’n goeie kwaliteit, fyn balpuntpen skryf om te verseker dat jou skrif nie smeer nie en nog vir baie jare behoue sal bly.
Kontak ons
Kontak ons gerus indien jy enige vrae het of met iets sukkel. Die oorspronklike kunswerke, sowel as ’n beperkte oplaag afdrukke is ook te koop. Besoek gerus gereeld ons webwerf (www.memoirebooks.co.za) vir verdere inspirasie, wenke en om jou bestelling te plaas.
E-pos: info@memoirebooks.co.za
Ons is ook aktief op Facebook en Instagram.
Liefdegroete,
Anné


Anoniem –
Ek het nie gesoek nie… dit het opgekom op my ‘feed’ op instagram… ek het dit wel onmiddellik herken as iets wat ek graag sal wil doen vir my kinders, want ek het my Ma een soortgelyk laat doen oor vrae my lewe en herinneringe wat sy het oor my en ons kinderjare, asook, asook oor haar en haar eie lewe.
Ek het nog nie baie in die Joernaal geskryf nie, maar wel baie in my kop ‘geskryf’.
Ek doen ‘journaling’ so dit sal gebeur..net tyd opsy sit vir alles wat ek doen en geniet 😃
My dogter was baie opgewonde oor die boek.
My vriendin was super opgewonde oor haar boek as geskenk van my … haar skoonma het haar eie boek/notas destyds oor haar kinders vir haar kinders geskryf en sy het al paar geleenthede vor my daarvan voorgelees.. baie spesiaal !
Dis is kosbare herinneringe, stories en inligting wat kinders nie sal onthou of van weet nie wat dan op so ‘n manier oorgedra kan word vir altyd… mense vergeet of raak te oud om te vertel.
Anoniem –
Ek was opsoek na n spesiale geskenk vir my ma vir moedersdag. Die boek het veroorsaak dat ons diep in die geheue gaan krap vir informasie om vas te lê. Hierdie boek sal die voorouers se uniekheid vasvang en vir ons nageslag behoue bly.
Anoniem –
My ma het Alzheimers gehad en is so 2 jaar terug oorlede! Sy was 82. Ons het na die tyd eers besef dat ons ook maar min van alles geweet het! Geluister maar ook nie rerig geluister nie! Nou wens ons ons kon dalk meer gevra en geskryf het. Het jou boek gewen deur my kind wat ingeskryf het en sal graag vir haar die memories wil los! Goeie en lekker dae gehad! Mens het altyd maar altyd iets wat geskryf kan word vir iemand om te geniet of te waardeer! ❤️
Anoniem –
Ek het op die radio daarvan gehoor en dit maklik op website gekry. Dit laat my mens regtig oor jou lewe dink en wat jy wil nalaat vir jou kinders en kleinkinders. Ja beslis. Dit is baie mooi verpak, pragtige geskenk of vir jouself om te gebruik.
Geluk met pragtige produk.
Anoniem –
Soos met ouer raak, dan dink jy aan iets om na te laat vir jou geliefdes, altans dis waaraan ek al meer begin dink. Baie goeie terugvoer ontvang vanaf my vriendin, dit was ‘n geskenk aan haar vir Moedersdag. Ek beveel dit beslis aan – Dit kan al jou gedagtes en spesiale oomblike in een joernaal vasvang.
Anoniem –
Dis is kosbare herinneringe, stories en inligting wat kinders nie sal onthou of van weet nie wat dan op so ‘n manier oorgedra kan word vir altyd… mense vergeet of raak te oud om te vertel.
Anoniem –
My seun woon oorsee en dit is goed vir my om ons jare se memoirs te kon neerskryf. Ek het oomblike onthou wat ek al vergeet het, en as ek terug kyk na sekere situasies, kon ek nou sien ek het oor reageer, en ek kon verduidelik het waarom ek so opgetree het. Beslis jy herleef so baie wonderlike memories en onthou spesiale oomblikke wat jy al vergeet het. Die boek gaan soveel vir my seun beteken as ek eendag in die hemel is. Hy gaan baie lag en ook sommige situasies van sy kinder jare beter verstaan. Ek weet dit sal vir hom van onskatbare waarde wees.
Margreet de Necker –
Nie net is dit n pragtige boek nie, maar die idee van jou lewe neer pen in n manier wat altyd jou nalatenskap kan beskryf, voel vir my soos die grootste geskenk. Ons kan so baie leer by mense en wat hulle al ervaar het, en n self/hand geskrewe boek vorm is n pragtige bewys van n vol lewe.
Ek het gehoor van die boeke, en wou dit baie graag vir my ouers gee. My pa het hierdie jaar 70 geword en my ma is 66. Wat beter as om vir hulle iets te gee waaraan hulle kan werk en hulle fantastiese inspirerende storie vir hulle 5 kinders te laat as hulle eendag nie meer met ons hulle stories in persoon kan deel nie. Ek het ook gevoel dat n begeleide joernaal die gedagtes aan die gang kan hou en hulle laat terug dink, miskien aan gebeurtenisse of lewenslesse, wat hulle self al van vergeet het.
Colene –
Ek is nie heeltemal seker waar ek van die joernaal gehoor het nie (My memory fails me). Maar na die onderhoud wat ons met jou op Klets gehad het, het ek gedink dit sou ‘n great addition wees tot die Moedersdag geskenke wat ek vir my Moeder en haar sus gekoop het. Hulle was beide mal daaroor. En besonders beindruk dat ons kinders actually belangstel daarin om hulle stories te he en bewaar.
Ek weet nie of enige van die twee al begin het met die joernaal nie… ek sal moet uitvind. Maar soos vroeer genoem, hulle was beindruk dat ons belangstel.
Behalwe dat dit net n stunningly mooi joernaal is, dink ek journaling is n geestelik ervaring. En die joernaal, spesifiek laat toe dat die skrywer n tipe nalatingskap laat.
Liana Lewis –
Dit is ‘n wonderlike geskenk vir n familie lid, ‘n dogter, vriendin. Elkeen wat dit ontvang staan verstom oor die waarde daarvan, kry vir jou een en deel met jou geliefdes, die boek is die beste geskenk aan iemand vir wie jy lief is. Ek het nog net 19 gesaai, maar sien uit om daardie oes te beleef wat dit gaan oplewer.
Elke persoon het ‘n storie, wat moet vertel word vir die nageslag om te deel in jou herinneringe.
Wag nog vir al die stories, die boeke is gesaai in Australia, Switzerland, Israel, Nederland en in Suid Afrika.
Michele –
Dis die beste geskenk wat jy vir jou geliefdes kan nalaat. Dit voel soos ‘n moeilike taak, maar as ‘n mens net eers ‘n begin maak, word dit al hoe makliker.
Ek glo in die belangrikheid van ‘n nalatenskapjoernaal en Anné se boek maak dit soveel makliker, want dis gestruktureerd en gee ‘n mens goeie idees en riglyne.
Ronel –
This is a beautifully crafted guide and companion for mothers who wish to reflect on their life journeys and pass down their lived wisdom to their daughters. More than just a memoir, this book serves as a therapeutic tool—encouraging self-reflection, emotional healing, and deeper generational connection.
From a psychological perspective, the power of this book lies in its gentle prompting of memory and meaning-making. By inviting mothers to document not just events, but emotions, turning points, and personal growth, Pretorius fosters a process of self-understanding that can be deeply cathartic. At the same time, daughters are offered a rare glimpse into the interior lives of their mothers—promoting empathy, connection, and intergenerational healing.
This book is a quiet revolution in emotional legacy—a beautiful blend of memoir, journal, and gift. Highly recommended for those interested in self-reflection, narrative therapy, and the enduring power of maternal storytelling.
Adele Taljard –
Hierdie boek gaan geleentheid gee om n generasie se liefde oor te dra aan my kleinkind. Om oor en oor te sê ek is lief vir jou. Ek het onthou hoe wonderlik dit was toe my eie kinders klein was. Die boek is nie “oppervlakkig” nie. Dis n grootmens boek vir ‘n kind.