Shop

Memoires van jou pa

R450,00

Category:

Description

 

“Die memoires in hierdie boek het die potensiaal om ʼn skatkis van nalatenskap, nostalgie en herinneringe vir pa’s te wees. Dit gee struktuur vir pa’s om te reflekteer en in hul verhoudings met hulle kinders te groei. Dit sal jou kosbaarste erfstuk wees!”

Paulus Burger, Leraar: Ooskerk

 

Boodskap vir die pa wat hierdie joernaal voltooi:

 

Die moeite werd

Iewers het ons verleer om ons stories met ons familie te deel. Dalk is dit omdat ons geneig is om oor ander goed te gesels wanneer ons bymekaar is, of omdat ons mekaar so min sien. Dalk gaan ons eerder na ’n opvoering of rugbywedstryd kyk as om oor onsself te praat. Wat ook al die rede, stories raak mettertyd verlore. Soveel so dat kinders ná die heengaan van hul grootouers en ouers oor hulle begin wonder en dan besef dis helaas te laat. So, dit mag dalk intimiderend voel om jou verhaal neer te pen, maar glo my, dit het groot waarde en sal die moeite werd wees. Elke storie is anders – hierdie boek wil jou en jou kind help om jul besonderse verhaal te skryf.

 

Inspirasieprikkels

Omdat dit veral moeilik is om jou gedagtes net eers “los” te kry is daar ‘n aparte boekie met inspirasieprikkels (prompts) voor in die koevert geplaas. Die idee hiermee is om jou te “prikkel” om jou eie stories as’t ware te herontdek sodat jy jou lewensverhaal en wedervaringe op die oop bladsye (in hierdie boek) te kan skryf sonder dat daar spesifieke vrae gedruk is wat jou forseer om daarop te antwoord. Jy hoef dit natuurlik glad nie te gebruik nie, of net nou en dan wanneer jy inspirasie kort. Hierdie prikkels is juis in ‘n aparte boekie gedruk met die spesifieke doel om uitgehaal te word voordat jy hierdie boek vir jou kind gee.

 

Jou stem

Oorweeg gerus om ’n stemboodskap of selfs ’n video op ’n geheuestokkie (USB) te berg en dit ook in die koevert te sit. Hier kan jy natuurlik baie kreatief raak en dalk ’n gedig voorlees of iets sing, of net ’n eenvoudige mooi boodskap vir jou kind opneem. Ek luister self nog dikwels na my eie ma se WhatsApp stemboodskappe, en juis daarom besef ek die groot waarde daarvan.

 

Moeilike boodskappe

Skaf gerus vir jou ’n pen met onsigbare ink aan (daar is ’n skakel op ons webtuiste). Só kan jy vertroulike inligting wat jy moontlik braaf genoeg voel om te skryf tog so bietjie “versluier”. Jou dogter of seun kan dit dan met ’n ultraviolet liggie (swart lig) lees.

 

Gesprek met jou kind

Dink aan die invul van die boek as ’n gesprek met jou kind wie nie net nuuskierig oor jou lewe is nie, maar ook verlang daarna om die diepte van jou ervarings te verstaan wat ons nie altyd in alledaagse geselskappe deel nie. Dit is jou geleentheid om ’n brug tussen julle harte te bou. Hier is nou jou kans!

 

Jou pen

Maak asseblief seker dat jy met ’n goeie kwaliteit, fyn balpuntpen skryf om te verseker dat jou skrif nie smeer nie en nog vir baie jare behoue sal bly.

 

Kontak ons

Kontak ons gerus indien jy enige vrae het of met iets sukkel. Die oorspronklike kunswerke, sowel as ’n beperkte oplaag afdrukke is ook te koop. Besoek gerus gereeld ons webwerf (www.memoirebooks.co.za) vir verdere inspirasie, wenke en om jou bestelling te plaas.

 

E-pos: info@memoirebooks.co.za

Ons is ook aktief op Facebook en Instagram.

 

Liefdegroete,
Anné

1 review for Memoires van jou pa

  1. blank

    Margreet de Necker

    Ek het gehoor van die boeke, en wou dit baie graag vir my ouers gee. My pa het hierdie jaar 70 geword en my ma is 66. Wat beter as om vir hulle iets te gee waaraan hulle kan werk en hulle fantastiese inspirerende storie vir hulle 5 kinders te laat as hulle eendag nie meer met ons hulle stories in persoon kan deel nie. Ek het ook gevoel dat n begeleide joernaal die gedagtes aan die gang kan hou en hulle laat terug dink, miskien aan gebeurtenisse of lewenslesse, wat hulle self al van vergeet het.

    Nie net is dit n pragtige boek nie, maar die idee van jou lewe neer pen in n manier wat altyd jou nalatenskap kan beskryf, voel vir my soos die grootste geskenk. Ons kan so baie leer by mense en wat hulle al ervaar het, en n self/hand geskrewe boek vorm is n pragtige bewys van n vol lewe.

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

12345